Daar’s hope lekker rugby die naweekSeptember 17, 2022
Rugbyliefhebbers het vandag baie om na uit te sien. Die Verenigde Rugbykampioenskap het Vrydagaand afgeskop met die Italiaanse span, Benetton wat Glasgow oortuigend met 33-11 verslaan het. Die Bulle en die Leeus speel om 5-oor-4 vanmiddag in die eerste wedstryd plaaslik in die kampioenskap. Zebre Parma speel om 2-uur teen Leinster in Parma. Cardiff en Munster spook sake uit om 5-oor-4. Die Scarlets speel om kwart-oor-6 tuis teen die Ospreys en Ulster pak Connacht om half-9 vanaand in Belfast. Die Dragons speel terselfdertyd teen Edinburgh in die Skotse hoofstad.