Algehele verduistering in Kiëf nie onmoontlik nie

Die burgemeester van Kiëf, Vitaliy Klitschko, sê hy sluit nie die moontlikheid van ‘n algehele verduistering van die Oekraïnse hoofstad uit nie, terwyl Rusland sy veldtog van aanvalle op die energie-infrastruktuur voortsit. Dit volg nadat die besette stad Kherson sonder elektrisiteit is,  vir die eerste keer sedert Moskou begin het om Oekraïne binne te val. Sowat 40 persent van Oekraïne se energiestelsel is deur Russiese aanvalle op kragstasies en kraglyne beskadig of vernietig. Klitschko sê inwoners behoort hulle voor te berei om die stad te verlaat indien daar ‘n totale verlies aan elektrisiteit is.