Wêreldbeker: Wat’s Afrika se kanse vir die Fifa-trofee?

Die wêreld begin al sokkerkoors kry vir die Fifa Sokkerwêreldbeker 2022 wat vanaf 20 November tot 18 Desember in Katar plaasvind. Geen Suider-Afrikaanse span kon na vanjaar se Wêreldbeker deurdring nie, maar die vyf Afrika-nasies wat die vasteland gaan verteenwoordig is Kameroen, Marokko, Tunisië, Ghana en Senegal. Geen Afrikaland het nog ooit die Fifa-trofee gewen nie. Kosmos 94.1 Nuus het aan Namibiërs gevra wat hulle dink Afrika se kanse by die Wêreldbeker is.