Leeus slaggereed vir plek in Uitdaagbeker-kwarteindstryde

Rugby: Die Leeus vertrou dit is ‘n beter jaar na verskeie teleurstellende seisoene. Hulle spook sake uit vir ‘n plek in die top agt van die Verenigde Rugbykampioenskap en speel in die laaste 16 van die Uitdaagbeker. Die span van Johannesburg speel môre teen Benetton in Treviso en indien hulle sukses behaal, bly hulle in Europa agter om in die kwarteindstryd van die Uitdaagbeker teen Pau of Connacht te speel. Die skrumafrigter van die Leeus, Julian Redelinghuys, verwag ‘n Italiaanse span wat met baie selfvertroue speel.