Aktiviste kap TotalEnergies oor diepsee boorwerk

Omgewingsaktiviste in die buurland neem standpunt in teen TotalEnergies se planne vir aflandige boorwerk vir olie en gas in die diepsee Oranje-bekken, aan die Weskus tussen Port Nolloth en Hondeklipbaai. TotalEnergies wil ook boor tussen Mosselbaai en Kaap St Francis. Die organisasies Extinction Rebellion 350 Africa, Green Connection, Project 90 by 2030, en die African Climate Alliance voer aan, die bedrywighede sal Afrika verder in ‘n klimaatskrisis dompel. Glen Tyler-Davies van Extinction Rebellion 350 Africa sê met hulle teenstand dring hulle aan op klimaatgeregtigheid en ‘n versnelling van hernubare energie-oplossings.