Aktivis wat in Kiëf verdwyn dood aangetref

Die hoof van ’n organisasie sonder winsoogmerk wat inwoners van Belarus help om vervolging te ontvlug, is dood aangetref. Hy het gister verdwyn toe hy gaan draf het. Vitaly Shishov se liggaam is in ’n park in die Oekraïense stad Kiëf aangetref waar die organisasie gebaseer is. Die plaaslike polisie beskou sy dood as moord of moord wat as selfdood verbloem is. Sky News berig Shishov het vroeër aan kollegas gesê hy word heeltyd dopgehou sedert hy Belarus verlede jaar verlaat het. Hy het ook doodsdreigemente ontvang.