Aktivis teen misbruik sê Kinderwet moet gewysig word

‘n Organisasie teen misbruik wat hom beywer vir verandering in sport, Athletes Against Child Abuse, sê die Kinderwet moet gewysig word. Die organisasie se woordvoerder, Olivia Jasriel, sê daar is skuiwergate in die aanspreeklikheidsproses wanneer misbruik in sport aangemeld word. Sy sê die stelsel se wigte en teenwigte vir geslagsgeweld is ook in gebreke omdat slagoffers nie voorkeur kry wanneer sake ondersoek word nie.