Regter Edwin Cameron: Steeds stigma rondom MIV/vigs

Die afgetrede Suid-Afrikaanse regter van die konstitusionele hof, Edwin Cameron, sê die land het vordering gemaak in die stryd teen MIV/vigs, maar daar moet nog baie werk gedoen word. Vandag is Wêreld-vigsdag, met die tema “Maak ‘n einde aan ongelykheid. Maak ‘n einde aan vigs.” Een uit vyf van die wêreld se 37,7 miljoen MIV-positiewe mense woon in Suid-Afrika. Cameron, wat al langer as 20 jaar met vigs saamleef, sê daar is steeds baie verleentheid en stigma rondom MIV/vigs.