N$240 miljoen se dwelms op MSC-vaartuig by Durbanse hawe gevind

Seshonderd kilogram dwelms met ‘n geraamde straatwaarde van 240 miljoen Namibiese dollar is op ‘n MSC-vaartuig in die Durbanse hawe in KwaZulu-Natal gevind. Die polisiewoordvoerder, Nomthandazo Mbambo, sê die vaartuig was van Suid-Amerika op pad na Suid-Afrika met vraghouers vol vloerplanke waarin kokaïen versteek was. Sy sê niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.