Vleis: dinge lyk baie beter as vroeërOctober 18, 2021
Die jongste statistiek dui daarop dat sommige sektore in die land besig is om te herstel na die negatiewe impak van die Covid-pandemie. Die vleisbedryf is ook erg geraak omdat baie besighede wat vleis bedien, soos restaurante en hotelle, erg geraak is en veral vleisuitvoere het baie uitdagings ervaar. Volgens Rosa Hamukuaja-Thobias Meatco se bestuurder vir korporatiewe betrekkinge wat met Kosmos 94.1 Nuus gepraat het, lyk dinge nou aansienlik beter.