Ajunkpresident oor haweloses

Haweloses in Windhoek word tans by die regering se sportsvelde geakkommodeer. Volgens die Namibiese adjunkpresident Nangolo Mbumba, sal die regering hulle steeds bystaan. Op die oomblik het die meeste van hulle nie identiteitsdokumente nie, maar Mbumba sê daar is geen verskoning dat hulle nie vir dokumente kan aansoek doen nie. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.