Wimbledon die naweek

Tennis: Matteo Berrettini word môre die eerste Italiaanse man in die eindstryd van Wimbledon wanneer hy teen Novak Djokovic van Serwië te staan kom op die hoofbaan. Berrettini het gister vier stelle nodig gehad om Hubert Hurkacz te klop en uiteindelik met 6-3, 6-stroop, 6-7, 6-4 gewen. Djokovic het Denis Shapovalov van Kanada in die tweede halfeindstryd met 7-6, 7-5, 7-5 uitgeskakel. In vandag se vroue-eindstryd speel die wêreld se voorste speler, Ash Barty van Australië, teen die Tsjeg Karolina Pliskova.