Groenskemas: As die besluit reg is, dan kan ons wag

Reaksie word ontvang op die aankondiging deur die landbouministerie dat die suksesvolle bieërs vir die beskikbare groenskemas eers volgende jaar aangekondig sal word. Dit is blykbaar omdat die proses om die kandidate te kies, langer vat as wat verwag was. Die hoof uitvoerende beampte van die NMI-groep Ian Collard sê terwyl dit hartseer is dat nog ‘n reënseisoen misgeloop word, as die besluit in die regte rigting is, dan is dit die geduld werd.