Air Namibia loodse nog nie betaal nie, geld skort

Air Namibia se likwideringsproses gaan steeds voort en volgens een van die likwidateurs, Dave Bruni, vorder dit goed. Die nasionale lugredery is op 26 Maart 2021 amptelik gelikwideer is nadat likwideringsaansoek deur die Namibië Lughawensmaatskappy ingedien is. Air Namibia skuld dié maatskappy 714 miljoen Namibiese dollar. Bruni sê daar is steeds ‘n Air Namibia-vliegtuig by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako waarin belangstelling getoon word. Hy voeg by dat sonder die verkoop van die bates, kan die personeel se skeidingspakkette nie betaal word nie.