Mense neem nie klimaatsverandering ernstig op nie

Die Wêreldnatuurlewefonds sê dit is nou duideliker as ooit te vore dat mense verantwoordelik is vir aardverwarming. Die uitvoerende hoof van die WWF in Suid-Afrika, Morné du Plessis, het kommentaar gelewer op die sesde verslag van die Verenigde Nasies se Interregeringspaneel vir Klimaatsverandering wat sê mense is onomwonde te blameer. Hy sê die Suid-Afrikaanse Klimaatskommissie gaan sy hande vol hê om ‘n spoedige en billike oorgang na ‘n lae-koolstof-ekonomie te verseker: