Russiese lugramp word ondersoek

‘n Ondersoek is in Rusland gelas om te bepaal wat daartoe gelei het dat ‘n vliegtuig met valskermspringers kort ná opstyging in sentraal-Rusland neergestort het. Sestien mense is in die ongeluk dood en ses is baie ernstig beseer. Volgens berigte het een van die motore moontlik onklaar geraak, of was die vliegtuig dalk oorlaai. ‘n Britse media berig dat swak instandhouding van vliegtuie en laksheid met veiligheidstandaarde voortdurend in Rusland voorkom, ondanks pogings om sy lugvaartveiligheidsrekord te verbeter.