Feesveldtog teen dwelmmisbruik geloods 

Die adjunkminister van maatskaplike ontwikkeling in die buurland, Hendrietta Bogopane-Zulu, ontmoet vandag vroue wat in die Khotsong-vrouehostel in die Thokoza-township in Ekurhuleni woon. Die departement se woordvoerder, Lumka Oliphant sê dis deel van die feestyd se veldtog teen dwelmmisbruik waar die vroue geleer sal word oor die belangrikheid van verantwoordelike gedrag tydens die feestyd, asook die gevare wat verband hou met alkohol- en dwelmmisbruik.