Agterstand van amper 38 000 forensiese toetse

Die DA het onthul daar is ʼn toksikologie-agterstand by forensiese chemielaboratoriums in Kaapstad, Johannesburg en Pretoria met 37 962 toetse uitstaande. Die minister van Gesondheid, Joe Phaahla, het geantwoord op ʼn vraag van die DA in die Parlement en gesê kwessies soos ontoereikende infrastruktuur, stukkende toerusting, beurtkrag, probleme met watervoorsiening, die Covid-19-pandemie en tekorte met menslike hulpbronne is bydraende faktore tot die agterstand. ʼn Woordvoerder van die DA, Michelle Clarke, eis antwoorde oor die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens se pogings om die vermoë ten opsigte van toksikologie uit te brei: