Agt sterf, nege beseer in grondstorting by DRK-myn

Minstens agt mense is dood en nog nege is ernstig beseer in ‘n grondstorting naby ‘n myn in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo. Grondstortings kom redelik algemeen voor in die heuwelagtige gebied veral ná swaar reën. Die probleem word vererger waar ontbossing of mynbou plaasvind. Vroeg in Desember is bykans 170 mense in die hoofstad Kinshasa dood in ‘n grondstorting ná swaar reën in die gebied.