Rugby: Sharks gee Bulls pak, Stormers verrinneweer Leeus

Rugbynuus: Die Sharks het die Bulls met 47-20 geklop in die 11de ronde van die Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd op Kingspark in Durban. Teen rustyd was die telling 30-13 in die Sharks se guns. En in Kaapstad het die Stormers die Lions met 40-8 gewen. Die rustydtelling was 19-3 in die Stormers se guns.