Bykans R2 miljard in apartheidsvergoeding nie bestee

Bykans twee miljard Suid-Afrikaanse rand in apartheidsvergoeding is steeds nie bestee nie. Oor die afgelope vyf jaar het die Presidentsfonds 531 miljoen rand in beleggingsinkomste ontvang, maar slegs 98 miljoen rand in vergoeding uitbetaal. Volgens die Fonds se jaarverslag het alle mense wat aansoek gedoen het en in aanmerking gekom het, die 30 000 rand-toelae ontvang, behalwe 13 mense wat nie opgespoor kon word nie. Sowat 150 slagoffers van apartheid slaap al byna twee-maande voor die konstitusionele hof. Die groep sê hulle kwalifiseer vir apartheidsvergoeding van die Presidentsfonds, maar het dit nie ontvang nie.