Agt jagluiperds op pad na Indië

Agt jagluiperds is op pad na Indië nadat hulle Vrydagmiddag by die Hosea Kutako-lughawe op ‘n vlug vanuit Indië gelaai is. Die ooreenkoms, wat deur die plaaslike Jagluiperd Bewaringsfonds gereël is, hoop om jagluiperds weer in daardie land te hervestig. Jagluiperds het in 1952 in daardie land uitgesterf as gevolg van uitgebreide jag van die diere en die verlies aan habitat. Die Indiese regering het reeds in 2009, in samewerking met die plaaslike bewaringsfonds planne beraam om die diere weer te hervestig. Restorasie van habitat het ook daardie tyd begin. Daar is vyf wyfies en drie mannetjies uitgevoer.