Agribank bied virtuele landbou-opleiding aan

Agribank het virtuele opleidingsmetodes bekendgestel om kommunale en kommersiële boere op te lei en in te lig oor doeltreffende boerdery. Met die bekendstelling van die 35 vooraf-opgeneemde videogrepe by Otjiwarongo, het Otjozondjupa-streekraadsvoorsitter Marlayn Mbakera gesê die snitte is almal op die bank se webwerf en op sy sosiale media-platforms gelaai en fokus op pluimveeproduksie, veeboerdery, weiveldbestuur, gewasverbouiing en tuinbou. Kosmos 94.1 Nuus het aan landbou-kenner Wallie Roux gevra of hierdie opleiding die boere gaan help. Hy het só geantwoord: