Twee Namibiese films vir Afrika-toekennings genomineer

MultiChoice Namibia het aangekondig dat twee Namibiese rolprente The White Line en Hairareb genomineer is vir die Africa Magic Viewers Choice-toekennings. Die toekennings beloon jaarliks uitstekende prestasies in televisie en rolprente. The White Line is genomineer vir die beste klankbaan en beligting. Hairareb is genomineer as die beste rolprent in Suider-Afrika met die klankbaanmusiek verskaf deur die sanger Micheal Pulse. Hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Beligtingspesialis Jaco Strauss is genomineer vir die beste beligting in The White Line.