Namibiese o.20-rugbyspan klop Ivoorkus 64-0

Die Namibiese onder-20 rugbyspan onder die nuwe kapteinskap van Oela Blaauw, klop Ivoorkus oortuigend met 64-0 in die openingswedstryd van die onder-20 Afrika Barthesbeker-toernooi in Nairobi in Kenia. Namibië het die wedstryd van meet af oorheers met die rustydtelling wat 29-0 was. Namibië het tien drieë gedruk.