Afvalbestuur moet getakel word

Dit is volgens kenners baie belangrik dat plaaslike owerhede hulle wend tot wat beskryf word as ‘n wentelende ekonomie, veral in verband met afvalbestuur. Die wegry van rommel is duur, en so ook die infrastruktuur om dit te kan uitvoer terwyl herwinning, en selfs gemeenskaps komposhope, opsies is. Gys Louw, die besturende direkteur van Rent-A-Drum stem saam.