Afvalbestuur in bewaarde gebiede… so gemaak…

Afvalbestuur word as uiters belangrik beskou veral met die omgewing wat herhaaldelik in die nuus is. Afval kan ook ‘n bron van inkomste wees so daar is kreatiewe maniere om die probleem aan te spreek. Maar wat van afval in bewaarde gebiede? ‘n Span van die Noordwes-universiteit is tans in Namibië om presies die kwessie aan te spreek. Dr. Claudine Roos is saam met ‘n span navorsers, by Nust se Biodiversiteitsentrum, om plaaslik ondersoek in te stel.