Depp se ma was blykbaar wreed

Dit wil voorkom asof Johnny Depp in ‘n gewelddadige huis groot geword het. Hy is onder kruisverhoor op die oomblik in sy 50 miljoen Amerikaanse dollar lastersaak teen sy eksvrou Amber Heard. Haar prokureur Ben Rottenborn het Depp ondervra oor sy ma wat volgens berigte uiters gewelddadig was teenoor sy pa en die kinders.