Mwai Kibaki sterf

Kenia se voormalige president, Mwai Kibaki, is op die ouderdom van 90-jaar oorlede. Kibaki was die eerste opposieleier om in die verkiesing van 2002 en weer in 2007 deur ‘n koalisie-regering tot president verkies te word. Dit het wyle president Daniel Arap Moi se bewind van 40-jaar beëindig. President Uhuru Kenyatta het Kibaki geloof vir sy liberale hervormings wat Kenia se kwynende ekonomie laat herleef het. Kenyatta het ‘n routydperk afgekondig waartydens vlae halfstok sal hang tot na Kibaki se begrafnis. Die ontslape voormalige president laat vier kinders agter.