Blou ligte-korrupsiesaak in Gauteng tot volgende maand uitgestel

Die handelsmisdaadhof in Palm Ridge, Gauteng, het die multimiljoen-rand blou ligte-korrupsiesaak teen gewese en huidige bestuurslede van die polisie tot volgende maand uitgestel. Die woordvoerder van die NVG, Sindisiwe Seboka, sê die nege aangeklaagdes sluit in die gewese waarnemende nasionale kommissaris, Khomotso Phahlane, die gewese adjunk nasionale kommissaris, Bonang Mgwenya, die gewese kommissaris van Gauteng, Deliwe de Lange, en die adjunkkommissaris van Gauteng, Nombhuruza Napo.