Afrika-unie veroordeel staatsgreep in Burkina Faso

Die Afrika-unie se hoof Moussa Faki Mahamat het saam met ander Afrika-leiers die ongrondwetlike regeringsverandering in Burkina Faso veroordeel ná die tweede staatsgreep in minder as ‘n jaar. Burkina Faso se nuwe leier is weermag-kaptein Ibrahim Traore wat die uitsetting van President Paul-Henri Damiba op TV bevestig het. Traore het aangekondig die regering is ontbind, die grondwet opgeskort en die grense gesluit. Hy het ‘n nagtelike aandklokreël afgekondig.