Fokus op ietermagô in Bewonder & Bewaar

In vanaand se natuurprogram Bewonder & Bewaar kuier bekroonde aanbieder Bonné de Bod by dr. Karin Lourens wat spesialiseer in die rehabilitasie van die sku ietermagô. Hierdie soogdier is die mees gesmokkelde dier in die wêreld. Skakel vanaand om agt-uur op kykNET se kanaal 144 op DStv in en kry ’n unieke blik op hierdie absolute wonder van die natuur.