DA hof toe oor Johannesburgse burgemeester

Die leier van die DA in Johannesburg, Mpho Phalatse, verwerp plasings op sosiale media wat daarop sinspeel daar is ‘n wig tussen haar en die party. Dit volg nadat sy uit die pos as burgemeester verwyder is nadat ʼn mosie van wantroue suksesvol teen haar ter tafel gelê is. Phalatse beskou die gebeure tydens verlede week se raadsvergadering as onwettig en strydig met prosedures.