Afrika stap aan na 5 miljoen gevalle

Die Afrikasentrum vir Siektebeheer sê die vasteland beweeg aan na 5 miljoen gevalle van Covid met net meer as 132 000 sterfgevalle wat in die 55 lande bevestig is. Suid-Afrika, Marokko, Tunisië, Ethiopië en Egitpe loop voor met gevalle maar daar is ‘n hoër konsentrasie in Suider-Afrika as op die res van die vasteland. Toegang tot beskikbare inentings ontbreek en ongeveer 2 miljoen Afrikane is tot dusver ingeënt.