Twee keer soveel bees word uitgevoer as plaaslik geslag

Rekord lae getalle diere is volgens berigte by abattoirs regoor die land in April ontvang. Plaaslike media berig dat Meatco 2 530 diere in April geslag het met Beefcor in Okahandja wat 1 267 diere ontvang het en Hartlief, 202. Die Zambezi Vleiskorporasie, Zamco, het nie ‘n enkele dier ontvang nie. In totaal, beide noord en suid van die kordonheining is 5 144 diere geslag terwyl 9 224 op die hoef uitgevoer is na Suid-Afrika met 524 na Angola. Dit bring die totale diere wat in April bemark is op 14 892 te staan teenoor 18 158 in April 2020.