Afrika se gletsers sal binne 20 jaar verdwyn

Die Wêreld Meteorologiese-organisasie sê Afrika se gletsers sal oor 20 jaar heeltemal verdwyn en die impak van klimaatsverandering sal 118 miljoen Afrikane blootstel aan droogtes, vloede en erge hitte. Die verslag, wat saamgestel is in samewerking met die Afrika-unie sê dat die vasteland se BBP met 3 persent sal krimp as gevolg van die impakte. Verlede jaar was Afrika se derde warmste jaar op rekord en die impak op die natuur, en landbou, sal teen 2040 verwoesting saai as die tendens voortduur.