Leerder termineer swangerskap, gooi baba in koshuistoilet

Terwyl die staande komitee op gesin en geslagsake in die parlement argumente aanhoor oor die wettiging van aborsie in die land, word daar berig dat ‘n 21-jragie leerder by die Maria Mwengere sekondêre skool in die Kavango Oos-streek in hegtenis geneem is op klagte van babastorting. Berigte lui dat die oorskot van ‘n baba by die skool se koshuis gevind is. Die polisie sê die leerder het haar swangerskap beëindig en die fetus in ‘n toilet in die koshuis gegooi. Sy word tans behandel by die Rundu staatshospitaal en sal hof verskyn wanneer sy ontslaan word. Die polisie se ondersoek duur voort.