Afrika-leiers vra vir AGOA-verlengingJuly 15, 2023

Die Africa Business-spitsberaad in Gaborone, Botswana, het ‘n beroep gedoen vir die hernuwing van die Wet op Groei en Ontwikkeling in Afrika, AGOA. Die ooreenkoms, wat in 2025 verval, gee sekere Afrikalande belastingvrye toegang om hulle produkte na die Amerikaanse mark uit te voer. Die president van Botswana, Mokgweetsi Masisi, beklemtoon, die verlenging van die ooreenkoms sal ‘n deurslaggewende rol speel in Afrika se industrialiserings-pogings en sy insluiting in wêreldwye waardekettings. Daarby het die uitvoerende hoof van die Amerikaanse International Development Finance Corporation, Scott Nathan, voortgesette steun vir Afrika beloof.