Afrika kry eie graderingsagentskap 

Afrika se eie graderingsagentskap hoop om drie van die grootste gevestigde agentskappe aan te vat. Afrika-leiers het Sovereign Africa Ratings verwelkom nadat ontevredenheid uitgespreek is oor stelsels wat deur die graderingsreuse S&P Global, Fitch en Moody’s gebruik word wanneer soewereine lande in Afrika geëvalueer word. Die woordvoerder, Zwelibanzi Maziya, sê die vasteland sal met sy eie agentskap ‘n bykomende mening bied en raad verskaf oor beter beleggingsbesluite. Maziya sê die agentskap het Suid-Afrika ‘n BBB-langtermyn- en B+-korttermyngradering gegee, met ‘n bestendige vooruitsig, wat ‘n weerspreking is van die ‘groot drie’ se graderings: