Otjozondjupa se boere berei voor vir die plantseisoen

Voedselproduksie is die grootste doelwit van enige nasie en so ook Namibië. Ongeag die veranderende weerpatrone, sien boere altyd uit na reënseisoene sodat hulle kan begin werk en voedsel produseer, hetsy vir gesinsdoeleindes of kommersiële redes. Tradisioneel is dit die tyd wat boere hulself voorberei vir die volgende produksieseisoen. James Uerikua, die goewerneur van Otjozondjupa-streek, wat vinnig in Namibië se broodmandjie ontwikkel, gesels oor die uitdagings en die gereedheid van boere.