Afrika-klimaat en gesondheid – kommerwekkend

Die Afrikastreek van die Wêreldgesondheidsorganisasie sê van die 2 121 probleme met openbare gesondheid tussen 2001 and 2021, was 56 persent klimaatverwant. In Afrika kan klimaatverandering die gebiede waar malaria ‘n hoë risiko is, laat uitbrei en sal waarskynlik die stryd teen hongersnood vertraag. Die WGO se streekdirekteur in Afrika, Matshidiso Moeti, sê hoewel die vasteland die minste tot aardverwarming bydrae, dra dit die volle gevolge daarvan. Sy sê klimaatverandering is een van die grootste bedreigings vir die mensdom: