NSFAF-hoof sê oor 2022 se aansoeke

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente se leningsaansoeke het op 31 Maart gesluit. Volgens die waarnemende uitvoerende hoof, Kennedy Kandume, het meer as 20 000 studente vir finansiële hulp aansoek gedoen en die span is tans besig om die aansoeke te evalueer. Verlede jaar is sowat 23 000 ontvang, waarvan 17 394 aan die vereistes voldoen het. Intussen wag duisende studente in hoop en afwagting.