China waarsku Amerika oor Taiwan

China het Amerika opnuut gewaarsku dat hy streng sal optree as die beplande besoek van Nancy Pelosi, speaker van die huis van verteenwoordigers, aan Taiwan volgende week sal voortgaan. Beijing sê dit sal ‘n ernstige impak op hul internasionale betrekkinge hê. China beskou die demokraties beheerde Taiwan as sy eie grondgebied en die onderwerp is ‘n konstante bron van wrywing tussen Beijing en Washington, veral gegewe sterk Amerikaanse militêre en politieke steun vir die eiland.