Afrika het alles, behalwe eenheid

Die jeug van Afrika staar talle uitdagings in die gesig soos werkloosheid, die swak ekonomie en die Covid-pandemie. Dit is ‘n ander soort uitdaging om hierdie uitdagings as ‘n vasteland te oorkom. Die sekretaris-generaal van die Swapo Party se jeugliga, Ephraim Nekongo, sê die vasteland het ryk natuurlike hulpbronne en die eerste stap is vir Afrika om te verenig.