Afrika moet energie-armoede uitwis

Die Afrika Kamer van Energie het sy verslag “Die Stand van Energie in Afrika 2022” gepubliseer. Dit lig die behoefte aan ‘n gebalanseerde Afrika-gerigte energie-oorskakeling uit. Die Kamer sê in ‘n verklaring die verslag bied ‘n Afrika-perspektief op die wêreldwye gesprek oor energie-oorgang. Dit beklemtoon hoe dit die vasteland se hoofdoel moet wees om energie-armoede uit te wis en daarmee saam te verseker dat die vrystel van koolstof verminder word. Die organisasie se raadgewende lid, Dean Foreman, sê die noodsaaklikheid om energie-armoede te verlig, is een van die sake wat eenvoudig aangespreek moet word.