Afrika gaan gebuk onder derde vlaag

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Afrika-streek sê die vasteland is midde-in ‘n volskaalse derde vlaag van Covid-19. In 22 van Afrika se 54 lande het die gevalle in die tweede week van Junie met 20 persent toegeneem en sterftes met bykans 15 persent. Matshidiso Moeti van die WGO sê die entstof word nou baie vinniger op die vasteland versprei en meer as 5 miljoen dosisse is die afgelope vyf dae toegedien, teenoor die nagenoeg 3,5 miljoen dosisse per week die afgelope drie weke: