Covid: gevalle steek 70 000-kerf verby

Daar is 1 016 nuwe Covid-gevalle in die land bevestig uit 3 080 toetse. Dit wil sê 33 persent van die toetsuitslae is positief. Windhoek het weer die meeste gevalle met 317 en Oshakati het 102. Daar is 29 gevalle in Rehoboth en 66 in Keetmanshoop. Gobabis het 33 en Otjiwarongo 49. Leerders maak 187 van die gevalle uit met 55 gesondheidswerkers, 27 onderwysers en 26 studente. Die herstelkoers vertoon vanoggend baie goed met 1 382 pasiënte wat ten volle herstel het. Daar is 34 sterftes bevestig met tien van Rehoboth, vyf van Windhoek en die res, landwyd. Kumulatiewe gevalle is tans op 70 112 net 11 278 wat aktief is. ‘n Totaal van 449 pasiënte is in die hospitaal met 82 in intensiewe sorg. Die gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula sê op enige gegewe dag is die besettingskoers in beide privaat en openbare fasiliteite tussen 67 en 100 persent.