Wapenwet sal in die hof draai

Die Instituut vir Rasse-aangeleenthede in Suid-Afrika sê hy gaan ook die howe en die Parlement nader om beswaar aan te teken teen die voorgestelde plan dat privaat individue se reg om wapens vir selfverdediging te besit, beperk word. Die instituut se hoof van veldtogte, Gabriel Crouse, sê hulle het aan die burgerlike sekretariaat van die polisiediens geskryf om meer besonderhede oor die voorgestelde beleid aan te vra. Crouse sê misdaadvlakke kan nie net voor die deur van wapeneienaarskap gelê word nie.