Afrigter van Springbok-sewes tevrede met hul vertoning in Kaapstad

Rugby: Die Springbok-sewes se afrigter Sandile Ngcobo sê hy is tevrede met sy span se prestasie in die Kaapstad-afdeling van die Wêreld-sewesreeks. Die Blitsbokke het vierde geëindig nadat hulle in die stryd om die brons medalje teen Amerika verloor het. Suid-Afrika is ná drie toernooie steeds bo aan die punteleer waar hulle die posisie deel met Samoa wat die titel in die Moederstad gewen het. Ngcobo sê die doelwit is om aan die einde van die seisoen onder die top-vier te wees sodat hulle outomaties kwalifiseer vir die 2024 Olimpiese Spele in Parys.