Saftu eis Eskom-leierskap se koppe

Die vakbondfederasie, Saftu, sê dis noodsaaklik dat die leierskap van Eskom verander moet word, terwyl die land vir ‘n onbepaalde tyd vasgevang is in Fase 5-beurtkrag. Saftu se nasionale woordvoerder, Trevor Shaku, sê die heersende toestande is ‘n groot krisis vir die samelewing. Saftu wil ‘n einde sien aan die ANC omdat die party nie die land behoorlik bestuur nie én korrupsie en wanadministrasie hoogty vier.